Spoegwolf en ander wag vir jou by Blue Moon
Saterdag beloof om ’n dag vol vermaak vir die hele familie te wees, met Spoegwolf, Apollo, Bad Peter én Synth Peter. Daar is steeds kaartjies beskikbaar.
Met die vrystelling van hul agtste album, Silwer, stel Spoegwolf ook hul eie boetiekfees, genaamd “Ruiters van die Kaap”, bekend.
Die Ruiters van die Kaap-toer is ’n intieme fees wat moontlik gemaak word deur Spoegwolf, wat ’n handjievol vriende nooi om die verhoog saam met hulle te kom deel.
Die fees het by Mark’s Park in Johannesburg op 2 Oktober afgeskop, met Georgetown, Deon Meiring, Lucinda (van die Melktert Kommissie) en Book Klub.
LEES OOK: IN FOTO’S:Geveerde vriende maak hul opwagting in Laeveldse tuin
Nou is dit Mbombela se beurt. Blue Moon se hekke maak reeds om 13:00 oop. Die plaaslike groep, Apollo, is eerste aan die beurt om 16:00. Daarna is dit Bad Peter om 17:30, Spoegwolf om 19:00, Synth Peter om 20:30 en laastens ’n DJ om 21:30.
Kaartjies vir volwassenes beloop R300 per persoon. Kinders onder 12 se toegang is verniet en kinders onder 18 betaal R150.
Feesgangers is ook welkom om kamptoerusting te bring en by Blue Moon te oornag.
Vir meer besonderhede, besoek www.spoegwolf.com.
Verdere datums vir die Ruiters van die Kaap-toer is soos volg:
• Datum: Saterdag, 27 November
• Plek: East Rand Boat Club, Benoni
• Kaartjies: www.spoegwolf.com
• Datum: Saterdag, 4 Desember
• Plek: Loftus Park, Pretoria
• Kaartjies: www.spoegwolf.com.
