Local newsNews

Bietjie-bietjie-Bos lei die somervakansie in

Die program sluit twee opwindende feeskonserte, asook verskeie musiek-, teater-, kuns-, boeke- en leefstylaanbiedings in.

Die Laeveldse somervakansie skop vanjaar op ’n hoogtepunt af met die Standard Bank Innibos Kunstefees se Bietjie-bietjie-Bos van 1 tot 5 Desember.

“Dié fees is wel op ’n kleiner skaal vanweë die Covid-19-regulasies, maar bietjie-bietjie gaan ons iets van alles wat Innibos-feesgangers jare lank al geniet, aanbied,” sê Sandra Jacobs, Innibos se media- en bemarkingsbestuurder.

LEES OOK: Pret en sukses tydens Vrouedag vir Hoop

Daar word tans hard gewoeker aan die program wat twee opwindende feeskonserte, asook verskeie musiek-, teater-, kuns-, boeke- en leefstylaanbiedings insluit.

Die volledige program sal binnekort bekendgestel word.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button