Local newsNews

IN FOTO’S: Konsert met Francois van Coke herdenk Gerrit Stander en sy 40ste

'n Mengsel van euforie en smart kon in die skare op sy familie se gesigte gesien word tydens Van Coke se vertoning, maar alles in ag genome was dit 'n dag van viering.

Gerrit Stander het Sondag daar bó gesit met ‘n whisky in die hand en op die klanke van Francois van Coke vir almal in die hemel vleis gebraai.

Stoffel en Jina van Staden.
Francois van Coke.

Só reken sy familie. Hulle het vir hom ‘n konsert gereël vir wat sy 40ste verjaardag op aarde sou wees. Stander is verlede jaar op 19 Oktober oorlede toe hy hierdie einste familie tydens ‘n aanval op hul Plaston-woning beskerm het.

Magdaleen en Francois Botma.
Richard Onraet, Danie Reënwolf, Christiaan Stander, Anel en Michiel Botes, Yolandi Stander, Francois van Coke en Jedd Kossew.

Sy begrafnis is ‘n paar dae daarna op sy verjaardag gehou. Hiérdie jaar was egter nie een vir té veel trane nie.

Een van Stander se gunstelingsangers was Francois van Coke. Hý, Danie Reënwolf en ‘n plaaslike kunstenaar, Coenie Naudé, het vir ‘n herdenking van Stander se lewe by Elmswood buite Mbombela saamgekom.

Geraan de Wet saam met Pieter en Ernst Prinsloo.
Yolandi en Christiaan Stander en Anel en Michiel Botes.
Christiaan Stander.

“Hier is mense wat hom geken het, wat my man kan celebrate, en hier is mense wat hom nie geken het nie en net ‘n lekker dag uit kan geniet en memories maak; dít is waaroor dit gaan,” het Gerrit se vrou, Yolandi, dié dag gesê.

Francois van Coke.

Sy en Gerrit se broer en suster, Christiaan en Anel, was ten spyte van die opwelling van trane nou en dan, almal baie gelukkig met hoe die dag uitgedraai het. Christiaan het gesê dit was vir hom terselfdertyd ongelooflik en ook amper te hartseer.

Philip en Joanie Whitfield.
Lente en Katryn van Rooyen met hulle ouers, Moné en Roelof.

Terwyl die drie oor die dag staan en praat het, het emosies amper die oorhand gekry, maar Yolandi het vinnig ‘n stokkie daarvoor gesteek.

“Hy is hier, man, hy is hiér.”

Yolandi Stander.
Yolandi Stander en haar dogtertjie, Hanna.

‘n Mengsel van euforie en smart kon in die skare op die drie se gesigte gesien word tydens Van Coke se vertoning, maar alles in ag genome was dit ‘n dag van viering.

Christiaan Stander.
Danie Reënwolf.
Danie Reënwolf.

Daar was genoeg koelte, sitplek, eet- en drinkgoed, en speelplek vir die kinders. Dit was dinge waaroor hy altyd bekommerd was.

“Hy sou dit gelove het, so alles is happy days,” het Anel gesê.

Coenie Naudé.
Michaela Simpson en Chantelle Vermeulen.
Cassandra Jacobs, Eunice Enslin, Janeke Bellingaham.
Johanné, Dawid en Dawid Stander saam met Lizani, Liya en Jaco dos Santos.
Christina Odendaal, Anja Swanepoel en Inke Ainslie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button