Local newsNews

Mnr. en Mej. NHS tydens glansgeleentheid aangewys

Twintig deelnemers het om dié gesogte titel meegeding.

Hoërskool Nelspruit se kultuurweek het verlede Maandagaand op ‘n hoë noot met die jaarlikse Mnr. en Mej. NHS-kompetisie afgeskop.

Twintig deelnemers het om dié gesogte titel meegeding.  Die beoordelaars, Yolandi Diedericks, Marnus Kruger, Jacques Lombard, Neil van der Spuy en Megan Wauts, het die moeilike taak gehad om te besluit wie met die kroon en titel gaan wegstap.

Andeon Pringle en Lize Oosthuizen is tydens die geleentheid aangewys as vanjaar se Mnr. en Mej. NHS.

Hierdie jaar se glansgeleentheid het afgespeel in Alice se wonderland met deelnemers wat net soos karakters uit die verhaal aangetrek het.

ALSO READ: WATCH: African wild dogs prance around Skukuza Golf Club’s greens

Hulle het baie moeite gedoen en die gehoor bekoor met hulle oulike en kreatiewe uitrustings.

Nadat die finaliste bekendgestel is, het hulle die geleentheid gekry om ‘n advertensie van ‘n borg uit te beeld en daarna het hulle die loopplank versier met spoggerige aanddrag.

Dit was nie net die deelnemers wat die gehoor se harte gesteel het nie, maar ook die gewilde Afrikaanse sangsensasie, Riaan Benadé.  Paul Harley en Larise Combrink is aangewys as die eerste prins en prinses, en Dewald Vorster en Anke Oelofse as tweede prins en prinses. Heino Meiring en Kay-Lee Hechter het weggestap as Mnr. en Mej. Fotogenies, en Diaan Mouton en Joalize de Ruiter is aangewys as die gewildste paartjie. Cloé van der Merwe en Lize Oosthuizen was die debutante van die jaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button