Hoop versprei deur die bome
Canary Walk Mall het onlangs 'n projek, Bome van Hoop, geloods waaronder skole mekaar nomineer om hoop te versprei.
Laerskool Nelspruit het vir Pro Gratia genomineer as deel van die Bome van Hoop-projek, waarna dié skool besluit het om vir Dasha volgende aan die beurt te stel.
Welma Bezuidenhout, Pro Gratia se finansiële bestuurder, sê: “Canary Walk Mall het ‘n geskenkbewys van R1 000 aan ons oorhandig waarvoor ons baie dankbaar is.

LEES OOK: Mnr. en Mej. NHS tydens glansgeleentheid aangewys
“Tien bome word met geel lap getooi, wat die boodskap van hoop uitstraal. Ons as Pro Gratia en Canary Walk Mall wil dit verder neem en sakeondernemings uitdaag om ‘n boom by ons aan te neem vir 12 maande teen R500 per maand.”

Dié fondse sal dan na die skool se noodfonds gaan vir terapeutiese en opvoedkundige toerusting en dienste.
