Local newsNews

IN FOTO’S: Lifeline Nelspruit hou oggend vir herstel en bewusmaking

Annriette Slabber, die direkteur van Lifeline Nelspruit, wil hê mense moet weet van die organisasie. “Ons bestaan en wat ons doen is belangrik. Ons is daar vir die gemeenskap.”

Lifeline Nelspruit het op 9 Oktober die skrywer en aktrise, Susan Coetzer, na Die Stoor genooi vir ’n damesoggend van motivering en fondsinsameling.

Annriette Slabber, die direkteur van Lifeline Nelspruit, het gesê buiten die fondse ingesamel vir die organisasie, het dit vir haar gegaan oor vroue wat net ‘n bietjie kan uitkom gedurende hierdie moeilike omstandighede tans.

“Ons is almal moeg, ons is almal onder druk en ons het almal verlies beleef op verskeie maniere, daarom wil mense net ‘n bietjie voel dat ons met ons lewens kan aangaan. Ons lewe en daar is iets nuuts.”

Verder wil sy hê mense moet weet van Lifeline Nelspruit. “Ons bestaan en wat ons doen is belangrik. Ons is daar vir die gemeenskap.”

Die idee vir die oggend was dat elkeen sy eie piekniekmandjie pak en die dag saam met Coetzer (en haar boekvoorlesings) en vriendinne kon geniet het.

As ‘n mens na haar en haar gehoor geluister het, sou jy sê daardie doelwit is bereik. Sy het beslis ’n manier om mense in te trek en betrokke te kry.

LEES OOK: Mr and Ms Bergvlam bring the world’s entertainment to town

Lifeline Nelspruit is in 8A Hopestraat te vind en bied gratis en vertroulike beradingsdienste vir enigeen in nood.

Die diens word verskaf deur opgeleide beraders wat beskik oor die nodige luistervaardighede en jou dan aanmoedig om op ’n verantwoordelike manier jou probleme op te los. Dié beraders gee hierdie toegewyde ondersteuning telefonies of deur persoonlike onderhoude.

Kontak Lifeline op 013 755 3606 sou jy hulle hulp verlang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button