Leah bring lewe na Hazyview
Die welbekende sangeres, Leah, het Saterdag, 30 Oktober by Nabana Lodge opgetree.
Leah het al die pad van die Kaap af gekom om vir die eerste keer op Hazyview te kom sing.

Nabana Lodge het die geleentheid aangegryp om die klein dorpie op te kikker deur die sangeres uit te nooi om ‘n klein konsert vir die inwoners en besoekers te hou. Die bywoners is met ‘n welkomsdrankie begroet en ‘n maal was gratis beskikbaar.

“Dit is so lekker om gees vir dié klein plekkies met my musiek te bring, en die mense te laat dans soos ek sing,” het Leah op die verhoog gesê.

LEES OOK: IN FOTO’S: Lifeline Nelspruit hou oggend vir herstel en bewusmaking

Nicolette Valentyn, een van die eienaars van Nabana Lodge, het die konsert gereël om die Laeveld te laat weet dat daar op Hazyview en omgewing veranderinge gaan plaasvind, en dat dié omgewing ook ‘n goeie kandidaat kan wees vir toekomstige konserte of gereelde gebeurtenisse.

“Die konsert was ‘n groot sukses en ons beplan om meer gereeld aangeleenthede soos dié te reël vir die mense om die lodge te kom besoek en ondersteun. Die gesinne en hul vriende het die meeste van die aand gemaak, en ons is dankbaar vir Leah en almal wat bygewoon het,” het Valentyn gesê.



Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
