Local newsNews

Beer pong vat pos by Mustangs

Dit was 'n Buffelsfontein Lager-tipe Vrydagaand by Mustangs - the Dancing Place.

Buffelsfontein Lager was gratis beskikbaar by Mustangs, indien jy besluit het om Vrydag deel van Beer Pong Mania te wees.

Zain Combrink staan in die agtergrond terwyl Bokkie Behrens en Corné Combrink probeer keer dat die balletjie in een van hul glase land.

Soos met enige “sport” het dié een met ‘n gejuig wanneer die balletjie die regte gat getref het, gepaardgegaan. Ondersteuning vir dié geleentheid het jongelinge uit alle oorde gelok, van Pumasspelers tot iemand wat ‘n 21ste verjaardag gevier het.

Darno le Roux en Jan van den Bergh.

LEES OOK: Landsdiensklub druk stempel af

Vir diegene onbekend met die speletjie; daar word 10 glase in ‘n piramide-formasie aan beide kante van ‘n lang tafel gepak, en twee spanne probeer om ‘n tafeltennisballetjie in die ander se glase te kry.

Chiné Maritz.

As die balletjie in ‘n glas land, drink die span wie se glas dit is, die inhoud. So word die bier stelselmatig minder en die span wat eerste hul opponente se glase kan klaarmaak, is die wenners.

Eduan Swart en Etienne Taljaard.
Miné Janse van Rensburg.
Gideon Serfontein en Nkosi Mathe.
Zain Christians, Bokkie Behrens en Corné Combrink.
Kayla Blockley, Ruan van Antwerp, Stacy Swart, Jaime-Lee Smith, Keri Smith en Tyler Maritz.
Nicole Fernandes.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button