Laerskool Numbi hou jaarlikse prysuitdeling
Laerskool Numbi het sy prysuitdeling op Woensdag- en Donderdagaand, 3 en 4 November, gehou.
Menigte leerders het akademiese toekennings ontvang.
Anneke Alberts in gr. 1 het die beste prestasie in Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, wiskunde en lewensoriëntering ontvang. Emmanuel Domingos, ook gr. 1, was die toppresteerder in Engels huistaal.

Dominion Chimezie, gr. 1, het die toekenning van toppresteerder in wiskunde behaal.
Stefan Lötz in gr. 2 het vir sy beste prestasies in Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal en wiskunde toekennings gekry.

Nomusocolo Mlondolozi en Nkateko Mbundzisi was die twee toppresteerders in gr. 2 vir Engels huistaal, wiskunde en Afrikaans eerste addisionele taal.
ALSO READ: Locals thoroughly enjoy themselves at farm market
In die gr. 3 klas het Ané Els die toekenning as toppresteerder vir haar beste prestasie in Afrikaans huistaal, wiskunde en lewensoriëntering ontvang. Florhid Mogane en Tshego Malope het albei vir Wiskunde en Engels huistaal toekennings ontvang.

Jeani Willemse het vele prestasies vir al haar harde werk ontvang. Sy was die beste presteerder vir gr. 4 vir Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, wiskunde, natuurwetenskappe, tegnologie, sosiale wetenskappe en lewensoriëntering. Sy het ook ‘n wisseltrofee vir eisteddfod ontvang en is die duxleerder.

Peculiar Mathebula is die toppresteerder in gr. 7. Sy het die beste prestasies vir Engels huistaal, Afrikaans eerste addisionele taal, wiskunde, natuurwetenskappe, tegnologie, sosiale wetenskappe, besigheidsbestuur, kreatiewe kuns en lewensoriëntering behaal.

Zea Prinsloo, Bismarck Bronkhorst, Ané Els, Jeandré Janse en Emmanuel Mashego het kultuurtoekennings vir drie jaar se getroue diens aan die Landsdiens ontvang.

Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
