Local newsNews

Landsdiensklub druk stempel af

Lede van die Landsdiensklub van Hazyview, wat by Hoërskool Rob Ferreira skoolgaan, het by eManzana (Badplaas) aan die Landsdiensklub se streekskamp van 2 tot 5 Oktober deelgeneem.

Drie Landsdienslede van Hazyview, wat by Hoërskool Rob Ferreira skoolgaan, het by eManzana (Badplaas) aan die Landsdiensklub se streekskamp vir hoërskoolleerders van 2 tot 5 Oktober deelgeneem.

Geen hoërskool het vroeër Landsdiens aangebied het nie, toe het Nokka Ferreira, ‘n onderwyser van Laerskool Numbi, besluit om vir die tieners ‘n klub te begin.

“Die Landsdiensklub is ‘n kultuur-beweging wat al meer as ‘n 100 jaar oud is en is ‘n groep wat vier liefdes uitleef; liefde vir God, liefde vir die natuur, liefde vir arbeid en liefde vir die gemeenskap,” het sy gesê.

Lauzanne Rabe.

Altesaam sewe hoërskoolleerders van Hazyview is deel van die Landsdiensklub: Daniël Ferreira, Unathi Ngomane, Juan de Bruno Austin, Tivani Mhlari, Lwazi Gazide, Thabang Mnisi en Lauzanne Rabe. Vier-en-sewentig leerders van skole in Bethal, Morgenzon, Secunda, eMalahleni, Middelburg en Piet Retief het die kamp bygewoon.

ALSO READ: The powerhouse behind Orange Restaurant opens up about life in the industry

As gevolg van Covid-19, kon al die skole in Mpumalanga nie die kamp bywoon nie en was dit dus nie ‘n provinsiale kamp waar leerders gekies word om Mpumalanga by die nasionale kamp te verteenwoordig nie.

Die Landsdiensklub hoop dat daar volgende jaar weer ‘n nasionale en provinsiale kamp vir laer- en hoërskole gehou sal kan word. “Ons beplan nog streekskampe vir Desember omdat die kinders laas in 2019 saam kon kamp,” het Ferreira gesê.

Op die kamp in eManzana het die leerders al vier die liefdes uitgeleef. Hulle het die perdestalle skoongemaak en die pale daar oorgeverf, hulle het speletjies gespeel, meer van hul Skepper geleer en natuurlik die warm water baie geniet.

“Al het ons natgereën en meeste van die tyd nat, was dit weer ens ‘n ongelooflike ervaring waarin lewenslange vriendskappe gevorm is. Daar was vier groepe, en in elke groep is daar ‘n seun- en dogterleier gekies. Daniël Ferreira is een van ons Hazyview-klub se lede wat as leier verkies is,” het Ferreira gesê.

ALSO READ: Golfers swing into action to claim the title

Alhoewel die leerders nie op provinsiale vlak gekies kon word nie, het elke lid wat gaan kamp het punte verdien en die groepleiers het ekstra punte otvang. Die punte help wanneer hulle die einde van die jaar toekennings ontvang, asook vir hul Springbok Landsdienstoekenning in gr. 12.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button