Local newsNews

IN FOTO’S: Kersvader, toorkunsies en sang ‘n regte Kersbederf vir Oranjezicht-inwoners

Van die oomblik toe hulle van die Citybug-bus afgeklim het, tot op die Matumi Gholflodge se grasperk, is die inwoners van Oranjezicht Ouetehuis met 'n Kerstema en -gees begroet.

Vrywilligers het gereed gestaan met alkoholiese en nie-alkoholiese verversings toe die inwoners van Oranjezicht Ouetehuis onder ‘n rooi boogingang deurgestap het by Matumi Gholflodge.

Aan die ander kant het hulle plekke aan ‘n tafel met naamkaartjies en ander Kersfeesversierings gewag.

Van die staanspoor af was dit bederf op bederf; Debbie Kriel en haar band het deurentyd gesing, André Bladwell het ‘n paar kulkunsies uitgevoer en ‘n kort openingboodskap is deur ds. JZ de Jager behartig. Versnaperinge was daar vir seker genoeg van en selfs meer pryse; daar was ‘n gelukkige trekking en sommige inwoners het ook pryse onder hul stoele gekry. Verder was daar ook skenkings van vars produkte aan elke inwoner.

ALSO READ: Donate blood ahead of the festive season

Drené Ramsay het namens al die inwoners die organiseerders, borge en vrywilligers bedank.

“Baie, baie dankie. Elkeen wat ‘n borg was en iets gedoen het, dankie dat julle ons genooi het. Die bejaardes kry nie regtig die geleentheid om êrens heen te gaan of iets te doen nie. Vir elkeen van julle wil ons bitter, bitter dankie sê. God seën julle en mag julle ‘n wonderlike Kersfees hê.”

‘n Hele reeks organisasies en individue was betrokke by die dag om skenkings te maak.

 

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button