Local newsNews

Kies watter Kieswetter-seksraad vir jou werk

"Suid-Afrika is 'n gewéldige konserwatiewe plek - jy mag nie oor seks praat nie. Jy mag nie eers seks doen met die ligte aan nie." So het die seksterapeut en voormalige pastoor tot groot genot van sy Witrivier Barnyard-gehoor gesê. Lees meer hier oor sy raad om seks binne die huwelik te prioritiseer.

In die konserwatiewe Afrikaanse gemeenskap gaan Christenskap en seksualiteit nie gewoonlik gepaard nie, maar dié man is op ‘n missie om dit te verander.

Vir mense met kinders het hy op ‘n stadium gesê hulle moet posisies versigtig kies, want indien hulle per ongeluk instap, is dit die een wat hulle gaan moet verduidelik.

Timothy Kieswetter is ‘n seksterapeut en komediant, maar was ook voorheen ‘n pastoor. Hy is 18 jaar getroud en het vyf kinders.

In sy tyd as pastoor sê hy dat hy die gaping vir gesonde seksualiteit in die kerkwêreld raakgesien het.

Vir mense met kinders het hy op ‘n stadium gesê hulle moet posisies versigtig kies, want indien hulle per ongeluk instap, is dit is die een wat hulle gaan moet verduidelik.

“Suid-Afrika is ‘n gewéldige konserwatiewe plek – jy mag nie oor seks praat nie. Jy mag nie eers seks doen met die ligte aan nie. As die ligte aan is, moet jou oë toe. As jou oë oop is, moet jou bene toe. En as jy dronk is, moet jou p**ph*l toe,” het hy tot groot genot van sy Witrivier Barnyard-gehoor gesê.

Kieswetter was Saterdagaand daar met sy aanbieding van die Super Hero Huweliksaand.

Hier het hy nie net vir paartjies wenke gegee oor hoe om seks ‘n prioriteit in hul huwelike te maak nie, maar hulle ook laat skater terwyl hy dit doen.

Een van die speelgoed wat Kieswetter daar gehad het, kom in ‘n klein handsakkie.

Filters is iets wat beslis nie bestaan tydens hierdie vertoning-/opvoedingsessie nie, en die gehoor mag dalk geskok wees, maar sal beslis verryk daar uitstap.

Met sy pastorale agtergrond, baseer hy baie van wat hy sê op die Bybel en verwys hy keer op keer terug daarna. Hy het selfs verse aangehaal wat hy sê duidelike instruksies gee om seks te hê.

• Genesis 1:28: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde.
“Dit beteken gaan hê seks; daar bestaan nie iets soos windbestuiwing nie.”

• 1 Korintiërs 7:5 het hy aangehaal met die boodskap dat ons nie aan mekaar seks moet weier nie, tensy dit vir ‘n spesifieke tyd en ‘n bepaalde doel is.

LEES OOK: Terugslag vir baba Ayden na drie weke tuis

Die oorspronklike vers sê: Julle moet mekaar dus nie seks ontsê nie, behalwe as julle ooreenkom op ‘n beperkte tyd van onthouding sodat julle julle meer volkome aan gebed kan toewy.

Daarna moet julle weer saamkom om te verhinder dat Satan julle tot sonde verlei weens julle gebrek aan selfbeheersing.

“As dit nie so belangrik was nie, hoekom sal die Here opdrag gee om dit nie vir te lank van mekaar weg te hou nie?”

• Spreuke 5:19. “Oe, ek like hierdie vers.”

Laat haar borste vir jou vreugde gee, laat haar liefkosing jou heeltyd oorweldig.

“Ons lees dit heeltemal te gereformeerd en metafories.

“Jy mag nooit weer die Bybel gebruik om jou konserwatiewe preutsheid oor seks te staaf nie. Die Bybel is glad nie preuts nie, jy is dalk, maar nie die Bybel nie.”

Behalwe vir sy terapie en komedievertonings, verkoop Kieswetter ook seksspeelgoed. Hy het van die produkte saamgebring en aan die gehoor verduidelik hoe dit werk – nie sonder skreeusnaakse byklanke en bewegings nie.

Talle gehoorlede het na die vertoning tougestaan om van dié produkte te koop.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button