Reënweer maak g’n keer aan Appel en Franja
Appel en Franja het die afgelope naweek by Blue Moon gekuier, en ten spyte van die reënerige weer, het talle Laevelders saamgekom om die aand te geniet.
Onderdak of onder ‘n sambreel, of selfs in die reën met ‘n Hunter’s-sespak se plastiek oor die kop getrek, was Laevelders gerat vir Appel en Franja by Blue Moon.

Appel was Vrydagaand eerste aan die beurt en het beslis ‘n ondersteunersbasis in hierdie geweste. Oud en jonk het byna woord vir woord saam met dié kunstenaar gesing.

LEES OOK: Terugslag vir baba Ayden na drie weke tuis
Ter ere aan Theuns Jordaan wat verlede week oorlede is, het Appel gesê hoe hy tydens die begin van sy loopbaan vir Theuns ‘n liedjie in Presley’s (Pretoria) se parkeerterrein gesing het. “Ek sou nie vandag gewees het waar ek nou is, sonder hom nie.”

Na Appel se indrukwekkende optrede was die verwagting groot om Franja te hoor. Behalwe vir ‘n paar van haar eie liedjies, het sy ook ‘n paar gewilde nommers soos “Living Next Door to Alice”, “I’m Gonna Be (500 Miles)” en “Bad Moon Rising” gesing wat die gehoor entoesiasties laat saamsing het.









Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram