Local newsNews

Willem Botha beïndruk met grimeerklas

Tientalle dames het geleer hoe om hul grimering perfek te doen by die sanger en fotograaf se klas by Bietjie-bietjie-Bos.

Die sanger, fotograaf en deesdae ook grimeerkunstenaar, Willem Botha, het Woensdagoggend ’n meestersklas in grimering by vanjaar se Bietjie-bietjie-Bos-fees aangebied.

Botha se klas, in samewerking met MUD, is die heel eerste geleentheid van vanjaar se fees en tientalle dames het wenke ontvang, gelag vir grappies en saamgesing by Doppio Zero in i’langa Mall.

Hy het die klas met ’n energieke vertoning van sommige van sy topliedjies afgeskop, waaronder sy nuutste nommertjie, “Kimberley.”

LEES OOK: Só lyk die program vir Bietjie-Bietjie-Bos

Daarna het Botha die gehoor gewys hoe om ’n volle gesig glansryke grimering van begin tot einde te doen. Deur die loop van die klas het Botha stories vertel oor homself, die vermaaklikheidsbedryf en die talle bekendes vertel wat hy al gegrimeer het.

Die gehoor het deurentyd waardevolle wenke oor produkte, gereedskap en metodes ontvang terwyl hulle het aan die koffie en ander verversings gesmul het.

Feesgangers kan uitsien na talle ander produksies en konserte, waaronder die toneelstuk Wat As? met Simoné Pretorius, Francois Jacobs en Adriaan van As wat vanaf Donderdag 2 Desember tot Saterdag 4 Desember in die Mbombela Stadsteater te sien is.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button