Bietjie-bietjie-Bos: Donderdag opsomming
Hier is ‘n opsomming van Donderdag se Bietjie-bietjie-Bos hoogtepunte

Mitologiese grapmakers maak moles in Mbombela

Die Grapmakers met Neels Clasen en Hannes Brümmer volg die storie van Thalia (Clasen), ’n muse uit die Griekse mitologie wat verantwoordelik is vir komedie op aarde. Hermes (Brümmer), ook ’n Griekse god, hanteer saam met haar die humorafdeling, maar dié twee is in die moeilikheid by Zeus omdat mense nie meer lag nie, ofte wel, nie meer vir hulself kan lag nie. Hulle kry 12 ure om na ’n kunstefees in Mbombela te kom en die mense te leer om vir ’n slag nie hulself té ernstig op te neem nie. Daar is poep- en poefgrappies, en politiek en spottery met ander bekendes en Afrikaanse musiek; ook so ’n bietjie satire.
IN PHOTOS: Arts and crafts classes delight all at Bietjie-bietjie-Bos festival

The first class of the day was cartoon drawing with Ghost. A small gathering of men, women and children sat at large wooden tables in the shop, while Ghost conducted his class with his black marker and paper on an easel for all to see.
With patience and a lot of enthusiasm, Ghost showed his audience step by step how to draw various cartoon characters, from pirates to dogs and chefs. Some students had even travelled from White River to enjoy the experience. Next on the schedule was painting wooden houses. This was also done at Nitali Re-invented Decor. With art lover Annelie Mans as the instructor, people painted and decorated little wooden houses.
’n Fees van boeke en sang by Bietjie-bietjie-Bos

Liefhebbers van boeklees, musiek en poësie is op Donderdag 2 Desember bederf tydens Woordespel met Wilna Adriaanse en Lucinda Neethling, by Tindlovu in die Laeveld Botaniese Tuine. Dié geleentheid het deel uitgemaak van vanjaar se Bietjie-bietjie-Bos-fees en het bestaan uit ’n boekbespreking van Adriaanse se jongste boek, Vlug, asook ’n vertoning deur Neethling.
IN PHOTOS: Locals learn to create beautiful cheeseboards using resin as part of Bietjie-bietjie-Bos

Some Lowvelders tried their hand at making resin cheeseboards this morning, December 4, at Nitali Re-Invented Decor, as part of the Bietjie-bietjie-Bos festival. Young and old gathered at the shop at 09:30 this morning for the class led by local art lover Annelie Mans, who showed the attendees how to create a unique cheeseboard using resin. She instructed the class on applying the base paint on the boards, and then showed them step by step how to mix resin with coloured paint.
Read more and see the photos here.
So ‘n Bietjie-bietjie Grotman by Sudwala Grotte

Phillru van Achterbergh vertolk die rol van Grotman in Groet die Grotman 2, en neem die gehoor op ’n reis van sy en Elize se huwelik met hul kinders wat nou tieners is. Hy voel nie langer tuis in sy grot nie. Dit voel nie meer soos sý grot nie. Elize het oorgeneem, en die enigste plek wat wel nog syne is, is die k*khuis. Daar kan hy rustig 15 tot 45 minute spandeer sonder Elize, die kinders of Snippie die hondjie.


