Local newsNews

Mitologiese grapmakers maak moles in Mbombela

Die Grapmakers kom na Bietjie-bietjie-Bos in Mbombela. Daar is poep- en poefgrappies, en politiek en spottery met ander bekendes en Afrikaanse musiek; ook so ’n bietjie satire.

Kunstefeeste en toneelstukke loop so saam-saam, en die eerste een vir vanjaar se Bietjie-bietjie-Bos het Donderdag sy debuut by die Mbombela Stadsteater gemaak.

Die Grapmakers met Neels Clasen en Hannes Brümmer volg die storie van Thalia (Clasen), ’n muse uit die Griekse mitologie wat verantwoordelik is vir komedie op aarde.

Hermes (Brümmer), ook ’n Griekse god, hanteer saam met haar die humorafdeling, maar dié twee is in die moeilikheid by Zeus omdat mense nie meer lag nie, ofte wel, nie meer vir hulself kan lag nie.

LEES OOK: ’n Fees van boeke en sang by Bietjie-bietjie-Bos

Hulle kry 12 ure om na ’n kunstefees in Mbombela te kom en die mense te leer om vir ’n slag nie hulself té ernstig op te neem nie. Daar is poep- en poefgrappies, en politiek en spottery met ander bekendes en Afrikaanse musiek; ook so ’n bietjie satire.

Kry dié twee weer Vrydag om 19:00 en Saterdag om 09:00 in die stadsteater om weer te leer lag.

LEES OOK: Willem Botha beïndruk met grimeerklas

Maar oppas, ‘n (on)gelukkige gehoorlid word dalk ook deel van die vertoning…

 
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button