Local newsNews

’n Fees van boeke en sang by Bietjie-bietjie-Bos

Die skrywer Wilna Adriaanse se jongste boek, Vlug, is Donderdag tydens ’n ontspanne geleentheid in die botaniese tuine bespreek.

Liefhebbers van boeklees, musiek en poësie is op Donderdag 2 Desember bederf tydens Woordespel met Wilna Adriaanse en Lucinda Neethling, by Tindlovu in die Laeveld Botaniese Tuine.

LEES OOK: Willem Botha beïndruk met grimeerklas

Dié geleentheid het deel uitgemaak van vanjaar se Bietjie-bietjie-Bos-fees en het bestaan uit ’n boekbespreking van Adriaanse se jongste boek, Vlug, asook ’n vertoning deur Neethling.

Annemarie van der Walt het met Adriaanse gesels oor dié nuwe spanningsverhaal wat afspeel in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Die boek handel oor ’n veearts wat by ’n rehabilitasiesentrum vir sjimpansees in dié land werk, maar weens gevegte tussen regeringstroepe en rebellemagte moet die veearts vlug.

Adriaanse het die gehoor meer vertel oor haar skryfproses, die ontwikkeling van die karakters en waar sy inspirasie gevind het om die verhaal te skryf.

LEES OOK: Pad word nie verniet ‘gaatjiespad’ genoem nie

Neethling, ’n lid van Die Melktert Kommissie, het die gehoor in vervoering gehad met haar liedjies en kitaarspel. Sy het ook gedigte voorgelees.

Feesgangers kan uitsien na talle ander produksies wat oor die volgende paar dae plaasvind, onder meer die Kliphard kykNET Konsert, wat op Vrydag 3 Desember om 18:30 by Hoërskool Bergvlam plaasvind. Talle topkunstenaars soos Francois van Coke, Elandré Schwartz en Spoegwolf sal op die planke wees.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Andrea van Wyk

Caxton’s Digital Editorial Manager. I am a journalist and editor with experience spanning over a decade having worked for major local and national news publications across the country and as a correspondent in the Netherlands. I write about most topics with a special interest in politics, crime, human interest and conservation.
Back to top button