Local newsNews

So ‘n Bietjie-bietjie Grotman by Sudwala Grotte

Groet die Grotman 2 wag vir jou in die Sudwala Grotte, met staaltjies oor die huwelik, braaiverraaiers en vegan-aartappelslaai.

Die verskille en intriges tussen man en vrou het komies weergalm in die Sudwala Grotte Donderdagaand.

Phillru van Achterbergh vertolk die rol van Grotman in Groet die Grotman 2, en neem die gehoor op ’n reis van sy en Elize se huwelik met hul kinders wat nou tieners is.

Hy voel nie langer tuis in sy grot nie. Dit voel nie meer soos sý grot nie. Elize het oorgeneem, en die enigste plek wat wel nog syne is, is die k*khuis. Daar kan hy rustig 15 tot 45 minute spandeer sonder Elize, die kinders of Snippie die hondjie.

LEES OOK: Mitologiese grapmakers maak moles in Mbombela

Maar deur dit alles bly hy tog lief vir sy vrou en kinders.

SIEN OOK: IN PHOTOS: Arts and crafts classes delight all at Bietjie-bietjie-Bos festival

Grotman nooi jou, meneer en mevrou, om jouself te kom herken en vir jouself te lag soos hy sy eie en Elize se foute openbaar.

Daar is parallelparkering en GPS-aanwysings volg (want jy ry mos net ’n pad één keer), braaietiek en by grênd vriende kuier wat nié braai nie – en die tequila wat die gelykmaker in al daardie situasies is. En êrens tussenin ’n pers vegan-aartappelslaai “wat ’n man sophol gee”.

Byna heel aan die einde kom hy by Elize se koue poffertjies (voete) in die waai van sy been, wat dit laat voel asof ’n nat snoek teen hom opkruip – maar selfs met dit bly cuddle maar lekker.

SIEN OOK: FOTO’S: Innibos Kuns-in-beweging-parade

En wat ’n voorreg was dit nie vir Grotman om in ’n ware grot te kon praat oor genot en geniepsige sêgoed tussen man en vrou!

Grotman is weer vanaand (Vrydag) in sy grot te sien om 18:00.

> Foto: Chelsea Pieterse
> Foto: Chelsea Pieterse

> Foto: Chelsea Pieterse

> Foto: Chelsea Pieterse

> Foto: Chelsea Pieterse

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button