Polisie vra hulp met identifikasie van kalwers se eienaar
Lede van die Middelburgse veediefstaleenheid ondersoek 'n saak van moontlike veediefstal.

Die publiek word gevra om te help met die identifikasie van drie Bonsmara- en Beefmaster-kruisraskalwers. Die een bul en twee verse weeg ongeveer 150 kg elk.
Vermoedelike veediewe het die vee op Woendag 8 November na die Vleissentraal Vendusie in Belfast geneem. Hulle kon geen identifiseerbare dokumente of inligting aan die vendusie verskaf nie. Die vendusie het dit aan die veediefstaleenheid gerapporteer.
Slegs een van die kalwers het ‘n brandmerk, en die oorplaatjies is afgehaal, wat identifikasie bemoeilik. Daar is geen verdere inligting bekend nie.
Enigiemand met inligting kan AO Martin Scheepers by 079 192 0986 of AO Stoney Steenkamp by 082 303 9935 skakel.
Lees Ook: Pad word nie verniet ‘gaatjiespad’ genoem nie

