Geloftefeeste: Kyk waar is jou naaste een op 16 Desember
Die Slag van Bloedrivier is op 16 Desember 1838 langs die Bloedrivier in die destydse Natal, Suid-Afrika, geveg.
Sowat 470 Voortrekkers, onder leiding van Andries Pretorius, is in ’n ossewalaer beskerm, Die gebed wat net voor die Slag opgesê is, word jaarliks herhaal om die dag te herdenk.
Hier is die lys van Geloftefeeste wat op Donderdag 16 Desember bygewoon kan word:
* Woensdag 15 Desember om 07:00 sal ruiters by S&N Vleishandel bymekaarkom en in ’n Gelofteparade tot by die Rusoord Tehuis vir Bejaardes ry. ’n Kort diens sal deur Nico Cross gelei word en hy sal die Bybel en vlae aan die ruiters oorhandig wat dit na die Badfontein Geloftefeesterrein sal neem. Skakel Paul le Roux by 082 890 5884 of André van der Wal by 076 072 2000 om by die ruiters aan te sluit. Kampvure word reeds om 17:00 by Alwyn Beetge se wildsplaas op Badfontein aangesteek.
*Dit is ’n bring-en-braai, maar pap en sous en slaaie sal verskaf word. Bring asseblief eie drinkgoed, eetgerei en braaitoerusting saam. Daar gaan stokbrood en malvalekkers vir die kinders gebraai word. Om die kampvuur gaan heerlik saamgesing word. Indien reëlings getref word, is feesgangers welkom om daar oor te slaap; daar is besperkte verblyfplek. Kontak Marlize Beetge by 071 656 7732.
*Donderdag 16 Desember by Badfontein: Alwyn Beetge Wildsplaas. Diens word om 10:00 deur ds. Riaan Botha gelei. Kontak Marlize Beetge by 071 656 7732.
*Donderdag 16 Desember by die Lydenburg APK Kerk. Diens word om 09:30 deur ds. Adriaan Botes gelei. Kontak André van der Wal: 076 072 2000.
*Donderdag 16 Desember by Ohrigstad: Kranslegging by die Voortrekker Begraafplaas om 08:00. Kontak Marnus of Liesie van der Wal by 083 751 5563 of 072 592 5781.
*Donderdag 16 Desember by Watervalsrivier (tussen Lydenburg en Burgersfort). Diens word om 09:00 by die Geloftesaal deur ds. Johan Koen gelei. Kontak Willie Potgieter by 082 829 7053 of Pieter Strydom by 082 308 9227.
