Hoede op hoede vir Kerspartytjies
Die inwoners van Pumalanga het 'n heerlike middagete met Kershoedjies en al geniet, terwyl dié van Macadamia hulself effens meer opgetof het vir 'n teemaaltyd.

As ‘n deel van hul Kerstoer deur die stad, het die Care Buddies verlede week by Pumalanga- en Macadamia-aftreeoorde besoek gaan aflê.
Anne-Mari het die inwoners met ‘n paar liedjies by beide aftreeoorde bederf.

Die inwoners van Pumalanga het ‘n heerlike middagete met Kershoedjies en al geniet, terwyl dié van Macadamia hulself effens meer opgetof het vir ‘n teemaaltyd.
LEES OOK: Potjiedag saam met bierproe-lekkerte
Daar was ook ‘n hoedekompetisie wat goed ondersteun is. Twee van die manne het selfs daarop aangedring om deel te neem.

Nog ietsie anders by Pumalanga was die mini-Care Buddy, Louis Grobler, wat gehelp het om geskenkies uit te deel.


Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
