Local newsNews

Kinders baat by liefdadigheidsfunksie

'n Onlangse fondsinsameling deur verskeie partye het reeds meer as 20 kinders van tekkies, tasse en skoolklere voorsien.

Meer as 20 kinders het reeds by ’n fondsinsameling wat onlangs deur die NNC Pumas, Stabilicor, Urban House en La Belle Vie gehou is, gebaat.

Madelein van Eeden van Stabilicor het gesê hulle wil hierdie sukses met die gemeenskap deel wat gehelp het om die liefdadigheidsfunksie so ’n suskes te maak.

“Ons kon tot dusver vir meer as 20 kinders van tekkies, tasse en skoolklere voorsien. Sonder die gemeenskap sou ons dit nie kon doen nie, en daar is geen lekkerder gevoel as om te weet jy kan ’n verskil in iemand se lewe maak nie.

LEES OOK: Potjiedag saam met bierproe-lekkerte

“Ons bly in ’n fantastiese dorp met fantastiese mense! Baie dankie vir almal se bydrae.

“Ons hoop dat ons volgende jaar almal weer kan sien om selfs meer minderbevoorregte kinders se lewens te vergemaklik of dalk ’n droom of twee te bewaarheid.”

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button