Local newsNews

Kruise van Engelse grafte uit Boereoorlog gesteel

Die mees historiese gedeelte van die ou begraafplaas van die dorp is tot op die grond verwoes.

Na die Tweede Vryheidsoorlog (1899-1902) het die Guild of Loyal Women en die Britse regering geld geskenk om soldate wat in dié gebied gesneuwel het, se grafte met ysterkruise te merk. Die kruise is destyds in Kaapstad gegiet. Baie van die gesneuweldes was naamloos, maar daar kon direk ná die oorlog wel bevestig word dat dit Engelse soldate was. Die totale verval van die begraafplaas was duidelik sigbaar toe die Waterson-gesin op die verwoesting van hul familiegrafte afgekom het. Martin Waterson se oupagrootjie, George Waterson, se graf in die dorp se ou begraafplaas is oopgegrawe en sy tante se as in die graf langsaan is ook gesteel. Dit was bo-op die graf vasgemessel. Marion Moir, bekende historikus en kenner van Mpumalanga-slagvelde tydens die Tweede Vryheidsoorlog, was baie geskok om hiervan te hore te kom.

Frik Rousseau, ‘n bekende inwoner wat ook op politieke front die dorp gedien het, was geskok om te sien dat al die ysterkruise afgebreek is. By sy voet is die blokkie waarop die kruis gemonteer was.

Sy was een van die rolspelers wat voor haar aftrede na Kokanje in Limpopo saam met haar man, Alastair Moir, nou betrokke by die navorsing en bewaring van geskiedkundige areas, asook gedenkstene was.

Lees ook: Karnivoorspesialis sê Marlothparkers moet bedag wees op leeus

  “Die goeie nuus is dat ek voor ons getrek het, twee boekies saamgestel het om die grafte te identifiseer. Ek het dit aan die Lydenburg Museum geskenk. Maar om hierdie proses weer te begin en weer die ysterkruise op te rig, is bykans ondenkbaar. Ek is baie geskok om te hoor dat dit gebeur het. Soveel werk is deur die jare ingesit om selfs van die begraafplaas ’n toerismebestemming te maak. Ons het gereeld oorsese besoekers wie se voorgeslagte daar begrawe was, daarheen geneem. In die boekies wat ek saamgestel het, is die inligting van elke graf plus ’n foto van die ysterkruis dat dit maklik geïdentifiseer kan word,” het Marion gesê.

‘n Ou foto van hoe die ysterkruise gelyk het in Lydenburg-begraafplaas.

Marius Bakkes, die ondervoorsitter van die Mpumalanga Erfenisvereniging, het in 2008 in ’n onderhoud vir Laevelder met oorlede Hans Meyer gesels. Meyer se kennis oor Lydenburg was onmeetbaar. Meyer het gesê dat Lydenburg die tuiste van Britse militêre garnisoene oor twee tydperke was.

Dit was eers in die laat 1870’s en vroeë 1880’s toe die dorp die basis was vir Anstruther se troepe teen Sekhukhuni en toe weer met Buller se inval in die Oos-Tranvaal met die Tweede Vryheidsoorlog, toe die Boere met hulle swaar Longtoms teen Mauchberg moes uitwyk en die Engelse weer eens die dorp beset het. Maar hier om Lydenburg in die Steenkampsberge en ondertoe by Pilgrim’s Rest en Sabie het die Britte nie die oorhand gekry nie.

Pilgrim’s Rest is nooit deur die Engelse verower nie en genl. Ben Viljoen, en nadat hy gevang is, genl. Chris Muller, het die wêreld hier dwarsdeur die oorlog bitter moeilik vir die veroweraars gemaak.

Dit het ook later gebeur toe die Boere die Engelse vrybuiterseenheid, Steinhacker’s Horse, in die Laeveld so opdraande gegee het. By Fort Pisane naby die teenwoordige Bosbokrand het hulle die Engelse en hulle swart meelopers behoorlik uitgerook. Die Boere wat daar geval het, lê vandag ook by die Berg-en-Dal-monument herbegrawe, maar eers is dié wat in die destydse distrik van Lydenburg gesneuwel het, hier begrawe. Dit is juis hierdie ysterkruise wat nou gesteel en verwyder is.

*Die Thaba Chweu Plaaslike Munisipaliteit het gesê die individu wie se familiegrafte beskadig is, moet self ’n saak van vandalisme by die SAPD open. Die begraafplaas is ’n sagte teiken vir vandale omdat daar nie sekuriteit is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button