Local newsLocal sportNewsSport

Fietsryers durf Mankele se uitdagende roete aan

Negentien bergfietsryers van Hoërskool Lydenburg het op Saterdag 19 Maart die bekende Mankele Bergfietspark net buite Mbombela se uitdagende roete aangedurf.

Dit was die tweede reeks van die Mpumalanga Bergfietsren (XCO) vir die seisoen, en sommige van die fietsryers se heel eerste.

Mankele is een van die mees tegniese bane in die omgewing. “Straight-up Jacob” het die bene lam gehad en die “Triple B” het vir naelbytoomblikke vir die toeskouers en ryers gesorg.

Lees ook: Rekordgrootte swartmamba in tuin gevind

Behalwe vir Juandré Pretorius en Sechaba Komane wat tegniese probleme ondervind het, het die res van die span hul onderskeie wedrenne sonder enige ernstige struikelblokke of beserings voltooi.
Die dogters het gewys wat in hulle steek. Goeie posisies is behaal deur Jolize Botha, eerste in die junior- vroueafdeling, Johané Swanepoel tweede in die jeug- vroueafdeling, en Syboné Hanekom was derde in die subjuniordogtersafdeling.

Die top 10-plekke is deur die volgende ryers behaal: Kayle Coetzee (vyfde, mans) James Floyd, (vierde) en Jonathan McCabe (sesde, junior mans), Reuel McCabe (agtste, subjuniors, seuns), Elandri Hietbrink (sewende, subjuniors, dogters) en Ewan Fritz (sewende, jeug, seuns).

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button