Local newsNews

Hoedspruit wéér op die kassie

Ná 'n groot bohaai opgeskop is oor Tom Cruise op Hoedspruit, pronk hierdie dorpie nou ook weer op 'n plaaslike TV-reeks, Dinge van 'n kind.

Dinge van ‘n kind, wat in Hoedspruit verfilm word, is gebaseer op Marita van der Vyver se roman, Die dinge van ‘n kind. Van der Vyver self was in die Laeveld-omgewing op skool, en dit is dan ook waar die reeks afspeel.

In episode een en twee het kykers reeds met ‘n hele paar karakters kennis gemaak, insluitend drie weergawes van die hoofkarakter, Mart, elk in verskillende stadiums van haar lewe.

Taboe-onderwerpe wat in die roman aangeraak word, het reeds in verskeie tonele kop uitgesteek, alhoewel dit nog nie heeltemal direk in die hoofkarakters se lewens ingetree het nie.

Tiener Mart worstel met die verhouding wat tussen haar ouer broer, Simon, en beste vriendin en kamermaat, Dalena, ontvou, terwyl daar struwelinge is in hedendaagse Mart se verhouding met haar seun weens sy amper-immigrasie na Londen. Van die 1990’s se Mart was daar egter min in episode twee te sien.

ALSO READ: Dinge van ‘n kind in die Laeveld verskuif grense

Die kwessie van selfmoord word ook aangeraak wanneer een van die seuns in die skool sy eie lewe neem. Mart en Dalena stem nie 100% saam oor wat meer guts vat nie; om jou eie lewe te neem of eerder vas te byt en aan te gaan.

Die kyker het ook in episode een van Pierre gehoor, en in episode twee het hy sy verskyning gemaak as die liberale vriend van Mart se broer. Dié verhouding het nog potensiaal vir die kyker.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button