Local newsNews

Heerlike kuier by Trout Inn se markdag

Eetgoed, goeie geselsskap, plaaslike produkte en kinders wat rondspeel. Dit is die perfekte beeld van 'n markdag op 'n plattelandse dorpie soos Lydenburg.

Op Saterdag 28 Mei het die entrepreneurs van die dorp weer heerlik by die Trout Inn Sentrum in Potgieterstraat markdag gehou.

Tuisgemaakte konfyte, indiese-kruie, springmielies, mooi klere en worsbroodjies was te koop.

Raadslede van die DA Lydenburg het ook informasie oor die party gehad en stemme gewerf.

Lees ook: Nostalgie na vervloë dae se algemene handelaars in Lydenburg

Die groep bied hierdie markte nou maandeliks aan. Skakel Glynis by 073 394 5918 of Angela Novus by 079 495 2617.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button