Friends-mark een met meer as genoeg verskeidenheid
Dié mark is die perfekte manier om jou naweek mee af te sluit.
As dit by ‘n verskeidenheid en ‘n markatmosfeer kom, is The Market @ Friends Café beslis een om in jou dagboek aan te teken. Dié mark vind elke laaste Sondag van die maand plaas en bied nie net genoeg stalletjies nie, maar ook die opsie om iets by Friends Café te geniet voor of ná jy jou pad deur die verskillende uitstallers gewerk het.

Nog ‘n hoogtepunt is die rivier wat reg langsaan afloop. Honde is welkom, en terwyl jy daar is, kan die staproete op die perseel ook sommer deel vorm van die Sondaguitstappie.
Die mark bied enigiets van smaaklike eetgoed tot klere, skoene, juweliersware en ander interessanthede wat jou huis kan ophelder.
LEES OOK: Heerlike kuier by Trout Inn se markdag











ALSO READ: Innibos In jou huis skenk kontantbydrae aan KANSA
