Local newsNews

Afriforum Witrivier-tak rig veiligheidsbord met noodnommers op

Dié organisasie het onlangs ’n bord met noodnommers by die Casterbridge-sentrum opgerig.

Die AfriForum-tak in Witrivier het op 31 Mei ’n bord wat veiligheidsnommers bevat, by die Casterbridge-sirkel langs die Numbi-pad aangebring.

“Na ’n reeks aanvalle op toeriste wat die pad gebruik om na die Krugerwildtuin te reis, het die Witrivier-buurtwag besef daar moet dringend aandag aan die probleem geskenk word,” lui ’n verklaring van die organisasie.

ALSO READ: Manie Jackson sorg vir heerlike vermaak by Oewersig

Daar is besluit om die bord op te rig wat die Witrivier-buurtwag se noodnommer en die kontakbesonderhede van die SAPD en ander veiligheidsmaatskappye in die dorp bevat.

“Dit is noodsaaklik vir motoriste om te besef dat hierdie gedeelte van die pad gedurig onder misdaad deurloop. Ons het hierdie bord aangebring sodat hulle ons kan kontak vir hulp indien daar enige probleme op die pad sou wees,” sê Dawie Ruthven, die voorsitter van AfriForum se Witrivier-tak.

“Die veiligheid van die Witrivier-gemeenskap is een van AfriForum se hoofprioriteite, daarom is hierdie projek noodsaaklik.

“Die toerismebedryf in die omgewing gaan gebuk onder baie druk as gevolg van misdaad en met die oprig van die hierdie nuwe bord, dra ons ook die veiligheid van toeriste op die hart,” sê Arlo van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.

AfriForum se Witrivier-tak nooi lede van die publiek uit om deel te word van die projek om sodoende die veiligheid van motoriste op die pad te verseker.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button