Local newsNews

Eet-en-vlug steek sy kop uit op Lydenburg

Vier mense wat vanweek hulle restaurantrekeninge ontduik het en doodluiters uitgestap sonder om te betaal, is op sosiale media geïdentifiseer.

André du Preez, die eienaar van Cafe Crust, sê hy het op Dinsdag 21 Junie om 21:00 twee mans op sy sekuriteitskameras gewaar uitloop sonder om hulle rekening te vereffen. Die rekening was bykans R2 000.

Toe hy met ander restauranteienaars gepraat het, is daar bevind dat hierdie modus operandi by JamJar en ‘n derde eetplek in die omgewing voortgesit is.

Die beeldmateriaal van die twee mans is wyd op Facebook en WhatsApp groepe versprei. Deur die Lydenburg SAPS, WhatsApp vir burgerlike beveiliging en sekuriteitsfirma, is die twee mans geïdentifiseer, asook nog ‘n man en ‘n vrou in ‘n soortgelyke insident.
Die twee mans is Woensdag na die Lydenburg SAPS geneem vir ondervraging, en die man en vrou is Vrydag daarvoor soontoe geneem.

Lydenburg SAPS sal geen kommentaar lewer totdat die vier verdagtes ‘n hofdatum bekom en formeel aangekla word.

Lees ook: Ossewaens en perdekommando ry deur Lydenburg in Rusoord-kermis se optog

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button