Local newsNews

Tienerseun van Lydenburg se fietsdroom word waar

Jayden van Rooyen se nuwe fiets is op Donderdag 16 Junie by Wings of Gratitude op Lydenburg aan hom oorhandig.

As ’n enkelouer met drie jong kinders, kon Margie van Rooyen gewis nie ‘n fiets vir haar seun, Jayden, bekostig nie.
Die gesin bly in die buitewyke van die dorp in ‘n klein woonstelletjie. Met haar karige inkomste is daar soms skaars geld vir kos. ‘n Fiets was bo haar vuurmaakplek, al moet hulle kilometers ver per dag stap.

Wings of Gratitude se Toinette Keel het daarvan te hore gekom toe sy vir Jayden se ma kospakkies gaan aflaai het. Hierdie organisasie sonder winsoogmerk word deur Keel en ’n vriendin, Lorinda Kapp, bestuur.

Lees ook: Eet-en-vlug steek sy kop uit op Lydenburg

Keel het vir Twané en Corné Dietrichsen (16) vertel van Jayden se droom om ‘n fiets te besit. Corné is gereeld by fondsinsamelings betrokke as deel van Ronell Joubert se Designer Models-modelskool op Lydenburg. Welwillendheid is een van die eienskappe wat Joubert by die skool aan die studente leer.

Corné is in 2021 as Miss Teen SA in die Magnificent Women Icon se skoonheidskompetisie gekroon. Sy neem later vanjaar internasionaal in Doebai teen sowat 30 ander lande se wenners deel.

“Jayden het van oor tot oor geglimlag toe ons hom met die fiets verras. Hy was so bly dat hy nou ‘n fiets het om mee skool toe te ry. Baie gesinne en bejaardes kry baie swaar. Daarom kook ons vir hulle sop en deel kospakkies uit. Dis wonderlik dat Corné en Twané daardie stappie ekstra geneem het om vir Jayden ‘n fiets te gekoop het,” het Keel gesê.

Om tot Wings of Gratitude by te dra, kontak Keel by 072 680 2434 of Kapp by 071 944 1175 vir verdere navrae.

Jayden van Rooyen (13).
Jayden van Rooyen en Corné Dietrichsen. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button