Local newsNews

Rolstoel word dringend benodig vir Lydenburg-bejaarde

Gerda Venter, direkteur van Soli Deo Gloria Sorgsentrum (Soli), het op Vrydag 1 Julie op sosiale media vir 'n rolstoel vir 'n bejaarde gevra.

Volgens haar het dié persoon, Charlotte van Emmenis, ‘n mediese kondisie wat haar mobiliteit beïnvloed.
Van Emmenis het ook ‘n mediese diagnose gehad wat sy graag privaat wil hou. Dit dra by tot die behoefte vir die rolstoel.

“Tannie Charlotte is baie swak  na haar onlangste opname in Lydenburg  Hospitaal se intensiewesorgeenheid vandeesweek. Ons moet haar na die badkamergeriewe kan stoot, haar help bad, ensovoorts. Dalk het iemand ‘n rolstoel wat rondstaan wat hulle vir ons kan skenk, ” het Venter gesê.

Soli is ‘n tuise vir minderbevoorregtes sonder heenkome en ‘n organisasie sonder winsoogmerk.

Skakel Venter by 072 402 6595.

Lees ook: 40 spelers woon gholfdag van Lydenburg Dienssentrum by

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button