Lydenburg se bejaardes hou outydse kermis
Die Rusoord Tehuis vir Bejaardes se kermisse is bekend daarvoor dat dit oor twee dae plaasvind.
Op Vrydag 24 Junie het die ossewaoptog die feestelike naweek ingewy. Outydse waens, waarvan sommiges meer as 130 jaar oud is, die Working on Fire-span se brandbestryders en Phoenix Sekuriteit se berede polisie met pikswart perde en ander ruiters was deel van die optog.
Lees ook:
Op die Saterdag kon die kermisgangers al vanaf 08:00 vir ‘n warm tradisionele boereontbyt aansit. Hulle kon ook aan heerlike kerrie-en-rys, pannekoek, sop, vetkoek en vele meer smul. Dis net jammer die pap en kaiings was so vinnig uitverkoop. Nico Cross het die aankondigings op sy vrolike manier aangebied, wat voorwaar ’n feestelike atmosfeer geskep het.
Die kermisgangers is ook deur die musiek van Citations, Kelly en The Music Shop vermaak. Die Rusoord-bestuurder, Lydia Niemand, en die beheerraad bedank die hele gemeenskap vir hul ondersteuning, asook al die bejaardes wat self die stalletjies beman en die kos voorberei het.





















