Local newsNews

Stem vir Pelgrimsrus as dorp van die jaar vanaf 17 tot 22 Julie

Hierdie nostalgiese en gewilde geskiedkundige dorpie is een van die nege finaliste in die Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie.

Na die blye nuus op Sondag 26 Junie bekendgemaak is dat Pelgrimsrus die Mpumalanga-finalis op die kykNET-program, Kwêla, is, het sake-eienaars op dié dorpie ‘n oorvloed toeriste ontvang.

Die hele Pelgrimsrus is basies ‘n lewende museum, en die nostalgie vir vervloë dae van die goudmynindustrie is tasbaar wanneer jy deur die strate stap.

Lees ook: Mpumalanga se Pelgrimsrus staan vir dorp van die jaar | Lowvelder

Pelgrimsrus staan die kans om R1 miljoen se bemarkingswaarde van kykNET te wen. Homebrew Films, die vervaardigers van Kwêla, sal ‘n advertensie van 45 sekondes oor die dorp maak wat gedurende kykNET se advertensietyd uitgesaai sal word.
Boonop gaan daar op die wendorp feesgevier word met kos, pret en sommer baie wendorpgees! Kwêla sal weer daar wees om dit te verfilm en dit sal later vanjaar uitgesaai word.

Die publiek kan vanaf 18:00 op Sondag 17 Julie tot 12:00 op Vrydag 22 Julie vir die wendorp stem. SMS die dorpsnaam na 33157 (SMS’e kos R1,50) om te stem.
Die wendorp word op 31 Julie op Kwêla aangekondig.

Lees ook: Landmerkgebou eie aan Lydenburg se geskiedenis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button