Local newsNews

Nuwe Engelse vers in Hoërskool Lydenburg se skoollied bly getrou aan skoolvisie

Die skool, wat verlede jaar sy eeufees gevier het, het 'n nuwe toevoeging tot sy skoolied, 'In die lower van ons velde', gemaak.

Op Hoërskool Lydenburg (LHS) se 101ste verjaardag het ‘n geskiedkundige gebeurtenis plaasgevind.
In ‘n spesiale sermonie op Woensdag 27 Julie is daar ‘n nuwe Engelse vers tot die skoollied bekend gestel, wat dit voortaan sal afsluit.

“‘As a family unified in diversity’, lees ‘ n gedeelte van LHS se visie. Om getrou te wees aan dié gedagte en visie, is daar besluit om ‘n gedeelte van die skoollied in Engels te vertaal. Today, July 27, on the official birthday of the school (101 years young) the old school anthem will be sung for the last time. Die nuwe tweetalige skoollied word dan ook vandag vir die eerste keer deur al die leerders van LHS gesing. Ons skryf aan ‘n nuwe hoofstuk in LHS se boek, maar die eerste 100 jaar se hoofstukke sal nooit vergeet word nie. Ons sal altyd padlangs hou, soos die skool se leuse lui,” het Michael van der Merwe, die skoolhoof, gesê.

Louise Steenkamp begelei op die vleuelklavier.

By die funksie het die afgetrede onderwyser, Louise Steenkamp, die leerders vir die laaste keer met die drie Afrikaanse verse begelei op die skool se vleuelklavier.

Die skool het ook etlike eregaste uitgenooi, insluitend diegene wat hulle met die vertaling van die laaste vers gehelp het. Hennie Dreyer van Victory Music Studios in Lydenburg het die skoollied spesiaal opgeneem.
’n Plaaslike onderwyser, tenoor en sanger, Jan Neethling, het die leerders gehelp met die opname en ook die vertaling.

“In die lower van ons velde” is in 1945 vir die hoeksteenlegging van die meisieskoshuis, Keethuis, deur die skoolraad aangevra. Die lirieke is deur Sybren Hiemstra geskryf en in 1946 is H. de Vos se deuntjie geskies om die lirieke op te sing. Die oorspronklike bladmusiek hang geraam in LHS se voorportaal met die skoolstempel se datum 21 Julie 1948 daarop.

Die nuwe LHS skoollied:
In die lower van ons velde,
in die goudkleur van ons land.
Skyn die kleure van ons vaandel.
Wat ons hooghou in ons hand.

Waar ons vadere gebou het.
In die jare lank verby.
Klink ‘n wekroep uit ons harte
Altyd padlangs voort te stry.

Bear our standard firm and steadfast
Lydenburg, let’s sing with pride.
Fondly thinking of their efforts
True and honest, side by side.

Michael van der Merwe, skoolhoof, en Chrismari Aucamp, adjunkhoof, wuif hul liniale met die nuwe woorde op saam met die leerders.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button