Local newsNews

OPVOLG: Izak du Plessis op borgtog vrygelaat

Du Plessis is Donderdagmiddag omstreeks 12:30 by 'n bekende inkopiesentrum in Mbombela in hegtenis geneem.

Die bekende nuusman, Izak du Plessis, is vanoggend in die Nelspruit Landdroshof op borg van R2 000 vrygelaat.
Sy regspan, bestaande uit Vian Roux, Henk Frey en adv. Nico du Plessis, het aan Laevelder bevestig dat die saak na die Brixton Landdroshof oorgeplaas is.

Du Plessis sal op 10 Augustus daar verskyn.

LEES OOK: Izak du Plessis, bekende potgooier en voormalige radioman, agter tralies

Die Nuuspod-kanaaleienaar is gister ongeveer 12:30 by Crossing Centre in Mbombela in hegtenis geneem uit ‘n saak wat voortspruit uit ‘n beskermingsbevel wat die privaat ondersoeker, Mike Bolhuis, teen Du Plessis verkry het.

Bolhuis voer aan dat die bevel twee maande gelede op Du Plessis beteken is, wat die nuusman verplig het om twee video’s van sy Nuuspod-kanaal te verwyder.

LEES OOK: Video: Izak du Plessis, bekende potgooier en voormalige radioman, agter tralies

Gister het Bolhuis aan Laevelder gesê dat ‘n spesiale ondersoekspan, wat uit die Valke, die polisie se misdaadinligtingseenheid en die polisie se soek-en-opsporingspan bestaan het, Du Plessis op minagting van dié bevel in hegtenis geneem het.

Du Plessis hou vol dat hy geensins so ‘n bevel ontvang het nie en dat hy later ‘n verklaring sal maak.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button