Kuier saam by Doppers dié naweek op Lydenburg
Tot 'n kwekery en gaan by die Gereformeerde Kerk in Lydenburg se basaar wees.

0p Vrydag en Saterdag 26 en 27 Augustus hou die Gereformeerde Kerk Lydenburg sy jaarlikse basaar op die terrein van die NG Moedergemeente in Kerkstraat.
Lees ook: Dinamiese Leandie du Randt sprankel op Lydenburg
Vrydagaand kan die inwoners vanaf 17:30 ‘n heerlike braaiete teen R100 ‘n bord koop. Dit sluit ‘n groot hoenderporsie, sosatie, wors, knoffelaartappels én nagereg in. Kaartjies kan vooraf by die kerkkantoor (De Beerstraat 46), PostNet, of die aand by die braai gekoop word.
Sakeondernemings word genooi om Vrydagaand aan die toutrekkompetisie deel te neem. Skakel Witte Aucamp by 082 927 4696 om as firmas mekaar uit
te daag.

Die Saterdag begin die mark om 08:00 met al die gebruiklike basaarlekkertes. Die ontbyt, wat met ‘n nuwe spyskaart spog, is vanaf 08:00 tot 10:00 beskikbaar.
‘n Kwekery in die kleine is ook daar vir diegene wat hul somertuine beplan.
Bring beslis die kinders saam. Daar is speletjies en ‘n springkasteel vir hulle en by die koektafel sal daar vir oud en jonk lekkergoed te koop wees.
Skakel gerus vir Engela Potgieter by
die kerkkantoor by 013 235 4391 vir enige navrae.
