Local news
Hofsaak gaan voort ná Mbombela-leerder se dood in 2020
Carel Robberts, 'n leerder aan Hoërskool Bergvlam, is in 2020 in 'n motorfietsongeluk oorlede. Die hofsaak rondom dié ongeluk kom Vrydag 26 Augustus in die hof voor.

Op 1 Desember 2020 is ‘n familie, skool en gemeenskap deur die afsterwe van Carel Robberts ná ‘n motorfietsongeluk op die hoek van Dr. Enos Mabuzarylaan en Amaryllislaan geruk.
Carel was ‘n matriekleerder aan Hoërskool Bergvlam en was sy ma se gentle giant, sy pa se trots en sy sussie se beste vriend.
LEES OOK: Beginselvaste Carel was sy gesin se rots en trots
Nou, ‘n jaar en nege maande later, maak die bestuurder van die Toyota Fortuner wat ook in die ongeluk betrokke was, MG Potgieter, op 26 Augustus sy tweede verskyning in die Nelspruit Landdroshof.
Potgieter het die eerste keer op 24 Junie in dié hof verskyn op aanklagte van strafbare manslag.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
