Local news

Lydenburg se kleuters zoem van opgewondenheid toe Bee-Bee kom kuier

Kleuters leer meer van omgewing by reuse, Bee Bee die By.

Verskeie kleuterskole het op Donderdag en Vrydag 18 en 19 Augustus besoek van Bee-Bee die By en Jeanette Pretorius ontvang.

Pretorius het namens Bee-Bee gesing en gepraat. Die oulike bytjie het vir die kleingoed opvoedkundige musiek gesing wat oor insekte, higiëne, wilde diere en goeie maniere handel.

Lees hier: Hans steek die Rubicon oor-akteur gesels voor Mbombela-vertonings
Jeanette Potgieter en Bee-Bee die By.

Die oulike bytjie het vir die kleingoed opvoedkundige musiek gesing wat oor insekte, higiëne, wilde diere en goeie maniere handel. Die kinders het behoorlik “gezoem” van opgewondenheid. Dwergieland Kleuterskool het tot ’n koek met ’n Sneeuwitjie en die sewe dwergies laat bak om sommer lekker partytjie saam met die bytjie te hou.

Bee-Bee was Donderdag reeds om 08:00 by Woelwaters Kleurskool en Vrydag het die kleuters soos bytjies aangetrek. Die by het Vrydag ook by die Purple Pepper Kleuterskool ’n draai gemaak. Die ander kleuterskole waar die bytjie gaan kuier het, was Turning Tides Montessori, Acacia Montessori en Laerskool Lydenburg se grondskoolfase.

Die groep saam met Dwergieland Kleuterskool se personeel. Agter: Larrisa Beeslaar, eienaar, Jeanette Pretorius, Bee-Bee die By, Violet Nelly Malepe, Reneilwe Gladys Mokoena, (voor) Anlea Bosman, Bernadette Claassen, Yolandi Botes en Sarah Gabisile Mahlangu.
Bee-Bee die By het ook by die Woelwaters Kleuterskool gaan kuier.
Agter: Cayden Otto, Bee-Bee die By, Nienke Cross, (voor) Itsub Adane Kebede, Liandro Goosen en Owenzokuhle Khowane.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button