Local newsNews

Plesierengel ontbloot jongman se siel by Innibos Teaterweek

Jy kon lag én huil tydens dié vertoning by die Mbombela Stadsteater.

Tweede aan die beurt by Innibos se Teaterweek op 2 September was Plesierengel, waarin die gehoor die hoofkarakter se deurlopende soeke na liefde aanskou.

Henry-John Williams, Janel Coetzee en Janine Brewis.

Die stuk is op Leon van Nierop se roman met dieselfde titel gebaseer, met Ruan Wessels wat sy plek op die verhoog inneem in die rol van Tristan Hansen.

Tobie en Zonika van der Vyver.

Weens naaktheid in die stuk en die feit dat dit oor bedsake handel, is daar ‘n ouderdomsbeperking van 16, maar dit word glad nie eksplisiet aangebied nie.

ALSO READ: Fashion parade a Spring Day triumph in Lydenburg

Die verhaal is op ware gebeure gebaseer en volg Tristan se liefdelose en traumatiese grootwordjare.

Ruan Wessels.

Hy word ‘n hoogsbetaalde gigolo wat sy kliënte op die hande dra; tot op die punt waar hulle geen ander man as hy wil hê nie. Maar steeds is daar die konstante soeke na liefde, wat veral spruit uit sy verhouding met sy ma wat hom nog altyd koud behandel.

Thea Rix en Marlese van Veen.

Tog, soos hy as jongmens sy pad deur die lewe vind en daarvan probeer sinmaak, leer hy om homself lief te hê.

Finkie Wolmarans en Michelle de Beer.

Van Nierop het die teks tot draaiboek verwerk en die regie is deur Lihan Pretorius en Johan van der Merwe behartig. Van Nierop het Leftfoot Theatre Productions op ‘n vorige geleentheid geloof vir die wyse waarop hulle met die moeilike tema omgegaan het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button