Local news

Diens beoog om geliefdes van Covid-verwante sterftes in Lydenburg te ondersteun

Selfs met Covid-19 wat namate begin afneem het, ondervind leeraars steeds baie trauma onder hulle kuddes weens die pandemie.

Op Maandag 26 September om 18:30 vind ‘n interkerklike diens by die NG Moedergemeente op Lydenburg plaas.
Die dominees en pastore van verskeie kerke het dit duidelik gemaak dat dit nie verbonde aan ‘n sekere gemeente se lede is nie.

Hulle het ondervind dat Covid-verwante sterftes en trauma weens die pandemie steeds baie swaar op die publiek rus.
Tydens die diens het mense die geleentheid om die name van hul geliefdes op ‘n bord te skryf, waartydens daar ook spesifiek vir hulle gebid sal word.

Name van geliefdes moet vooraf na die NG Lydenburg Suid se WhatsApp nommer gestuur word.
Ds Antoinette Wilson het gesê hulle wil graag ‘n almal se name op ‘n skerm aanbring. “Dit hoef nie net mense wat aan Covid gesterf het se name te wees nie, maar ook diegene wat tydens die pandemie oorlede is vir wie geliefdes nie behoorlik kon groet nie, het sy gesê.

Vir meer inligting, stuur ‘n WhatsApp aan 081 801 5868.

Lees ook: Universiteitskoor se klanke weergalm in Sudwala-grotte

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button