Local news

IN FOTO’S: Pro Gratia-revue bring vreugde vir kinders én ouers

Ouers en leerders van Pro Gratia het onlangs by die Communio Kerk bymekaargekom vir dié leersentrum se revue.

Pro Gratia Leersentrum het op 15 September sy revue aangebied, tot groot genot van die leerders, ouers en onderwysers.

Met die intrapslag was die Communio Kerk se saal gevul met gehoorlede wat in afwagting hulle plekke ingeneem het.

In ag genome dat Erfenisdag hierdie naweek is, het die tema van die revue goed by September ingepas. Die land se erfenis is groep vir groep deur sang, dans en so ‘n tikkie toneelspel uitgebeeld.

LEES OOK: Laevelders bring hulde aan geliefde Lean van Kradenburg

Hier en daar het leerders opgewonde vir hul ouers in die gehoor gewaai en dan weer hul rol in die vertoning hervat.

Een van die hoogtepunte van die aand was beslis die gesing van die volkslied, gevolg deur Pro Gratia se skoollied. Sommige leerders het dit ewe hand-op-die-bors gesing.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button