Local news

IN FOTO’S: 10de Gospel Skouspel bied ‘n groot bederf vir Laeveld

Die Manna Family Church se Gospel Skouspel is onlangs ten bate van Children in Distress aangebied.

Die plaaslike talent by die 10de Local Gospel Skouspel het beslis nie vir enige groot name teruggestaan nie.

Dié vertoning is op 16 September by die Manna Family Church tussen Mbombela en Witrivier gehou, en die gehoor is nie teleurgestel nie.

Behalwe vir die konsertgehalte, was dit natuurlik ook vir ‘n goeie doel. Al die fondse wat tydens die aand ingesamel is, gaan aan Children in Distress (CID). CID is ‘n gemeenskapsgebaseerde organisasie sonder winsoogmerk wat in 1989 gestig is en sien na meer as 3 000 kinders, hul versorgers en bejaardes in die Witrivier-gebied om.

LEES OOK: Laevelders bring hulde aan geliefde Lean van Kradenburg

Die konsert het sy oorspong aan Marinda Toerien te danke, wat ‘n droom daaroor gehad het – een wat sy besluit het om ‘n realiteit te maak.

Vanjaar was daar egter nie net sang nie, maar ook so ‘n bietjie toneelspel en dans. Daar was selfs ‘n oomblik waarin ‘n kunswerk voor die gehoor se oë vorm gekry het. Dié was beskikbaar om na afloop van die vertoning te koop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button