Van boeremusiek tot rock en alles tussen-in by die Innibos Buitelug Familiefees
Só lyk die program vir die Innibos Buitelug Familiefees wat op 30 September en 1 Oktober plaasvind.
Daar word Vrydag en Saterdag by Kwanyoni Lodge behoorlik by die Innibos Buitelug Familiefees feesgevier.
Daar is iets vir elkeen se smaak – musiek, stalletjies, bier- en wyntuine, oulike demo’s op die Absa Kuierstoep en ook lekker buitelugaktiwiteite vir oud en jonk: boogskiet, teikenskiet, ponieritte, ‘n visvangkompetisie vir die kinders met lekker pryse en selfs toutrek met die Airlink Pumas. Daar is ook ‘n spesiale kinderarea met speletjies en aktiwiteite vir die kleintjies!
Só lyk die program vir Vrydag en Saterdag (lees ook verder vir wat jy moet weet én wat jy moet saambring):
Wat jy moet weet:
• Kwanyoni Lodge is 15 km uit op die N4 in Middelburg se rigting, aan jou linkerkant.
• Daar is meer as genoeg gratis, veilige parkering vir feesgangers by die venue.
• Daar sal ‘n Absa-OTM op die terrein wees om kontant te trek.
• Kaartjies kan vooraf by Quicket gekoop word, maar sal ook by die hek beskikbaar wees.
• Geen koelbokse en gazebo’s word toegelaat nie.
• Geen troeteldiere nie, asseblief!
• Laai die program by www.innibos.co.za af sodat jy heeltyd op jou foon kan kyk wat waar en wanneer gebeur!
Wat jy moet saambring:
• ‘n Kampstoel (jy kan dit in jou motor los en gaan haal wanneer die verhoogprogram begin).
• Sonroom, sonbril en hoed – die son kan kwaai wees!
• Bring baie gees, dis weer tyd om te fees!
Die wie’s wie wat daar gaan wees:
• Jou gunsteling-kykNET-sterre: van Binnelanders, Mila Guy en Melinda Viljoen en van Diepe Waters, Liam Bosman en Righard van Jaarsveld.
• Van die land se top musikante en kunstenaars; Snotkop, Ricus Nel, Bernice West, Refentse en vele meer.
• Blouwillem Theron.
• Ons eie rugby-celebs, Jimmy Stonehouse en die Airlink Pumas.
• Die Curriebeker.
• En jy…