Local news

Mbombela-balletkonsert gee lewe aan sprokiesverhale

Sommige sprokiesverhaalprinsesse kon onlangs in die Mbombela Stadsteater gesien word as deel van dié dansskool se konsert.

Gemz Dance Academy het op 21 en 22 September sy heel eerste konsertopvoering gehou.

Talle familielede, vriende en lede van die gemeenskap het die suksesvolle Once Upon a Time-sprokieskonsert in die Mbombela Stadsteater bygewoon en ondersteun.

> Photos: Elma Photography

Laila Hamilton, ‘n intermediêre danser wat vanaf driejarige ouderdom reeds dans, en die rol van die swaan vertolk het, het saam met die dansonderwyser, Lizahn Hamilton, die hele storie geskryf wat deur Alice in Wonderland (Milan Barnard) vertel is.

LEES OOK: Van boeremusiek tot rock en alles tussen-in by die Innibos Buitelug Familiefees

Alice het die bladsye in haar boek laat val en ‘n deurmekaar weergawe van verskillende sprokiesprinsesse vertel. Sneeuwitjie, gedans deur Monique Delport, was daar saam met haar sewe dwergies. Verder het Belle (Kiana Cillie), Aspoestertjie (Chanel Smith), Aurora (Lienke Cillie) en die Suikerfee (Lienke du Preez), ook hul verskyning gemaak, terwyl die kleinste van die kleinste dansers die gehoor met hul passies as hasies op die verhoog betower het.

‘n Hoogtepunt vir elke jong danser is natuurlik toe die volwassenes op die verhoog gedans het. Hierdie ballerinas het na hul asems gesnak toe hul onderwysers saam met twee mammas op die verhoog verskyn het.

Die cancan is gedans en ‘n masurka is ook foutloos opgevoer. Die aand is it met ‘n moderne dans deur al die dansers afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button