Local news

BUCO Nelspruit groet oom Calie op gepaste wyse

Calie Olivier was vir meer as 40 jaar deel van BUCO Nelspruit - die besigheid neem nou van hom afskeid.

In ‘n tradisionele inhuldigingseremonie is die amp van BUCO se bedryfsbestuurder van die oosstreek deur Calie Olivier aan Pottie Potgieter oorhandig.

Olivier se nalatenskap is op 29 September by BUCO Nelspruit saam met sowat 250 van sy naaste vriende, familie en kollegas gevier.

Hy was vir meer as 42 jaar deel van BUCO Nelspruit se ryk geskiedenis en word as ‘n absolute legende beskou.

LEES OOK: Rustig Ouetehuis se inwoners beïndruk in tuinkompetisie

Tydens die afskeidsfunksie het Potgieter meer oor die geskiedenis van die nuwe brug op die perseel gedeel.

“Onder BUCO-mense droom ons verskriklik; ons droom oor prosesse en oor dinge wat ons lewens baie makliker maak. Dit waarop julle nou vanaand hier staan is een van die idees wat ons uitgedink het.”

Dié brug was vir baie jare sy en oom Calie se droom. So is dit toe ook gepas dat dit die “Calie Brug” gedoop is.

Daar was verskeie toesprake wat hulde aan oom Calie gebring het, onder andere van Ané Potgieter, wat almal in trane gehad het, Cobus Tomlinson en Craig Smith.

LEES OOK: IN FOTOS: Laerskool Bergland se Vonkel Fees ‘n groot sukses

Tydens die inhuldigingseremonie is oom Calie se ampserp afgehaal en aan Potgieter oorhandig.

Dié gebaar simboliseer sy titel en leierskap. So het Potgieter dan ook ampserpe aan elk van sy takbestuurders oorhandig en ‘n gedragskode gelees wat afgesluit is met ‘n heildronk met whisky as simbool van leierskap en eenheid.

Die oosstreek se takke en bestuurders is soos volg:
• Nelspruit: Francois Nel
• Witrivier: Paul Potgieter
• Malelane: Estie Burger
• Hoedspruit: Riaan Scott
• Hazyview: Deon Verwey
• Acornhoek: Simon Sekgobela
• Sabie: Hannes Kruger
• Burgersfort: Willie Smith.

Pieter Smith het die gaste heerlik ná afloop van die amptelike verrigtinge vermaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button