Local news

Landbou-unies soek antwoorde oor Mpumalanga-boere hul lewens verloor

Mpumalanga Landbou het 'n dringende vergadering met die provinsiale polisiekommissaris versoek ná die moord op drie van die provinsie se boere.

Beide Mpumalanga Landbou (ML) en die Tranvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika (TLU SA) het hul kommer oor die hoeveelheid boere wat onlangs vermoor is, uitgespreek.

ML se president, Tommy Ferreira, sê in ‘n verklaring: “Die week van 26 September het die provinsie twee plaasmoorde ervaar, iets waaraan ons nie gewoond is nie. Tog het ons kennis geneem van nóg ‘n grusame plaasmoord in die omgewing van Mbombela.” Laasgenoemde is die moord op Etienne du Toit, ‘n macadamiaboer wat op 29 September op sy Sterkspruit-plaas vermoor is.

LEES OOK: Vermoorde Laeveld-boer se familie onthou hom só

Ferreira sê ML het ‘n versoek vir ‘n dringende vergadering met die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Semakaleng Manamela, en haar span aangevra om wedersyds ondersteunde inisiatiewe tot beter landelike veiligheid in die provinsie te vind en te bespreek.

“Ons moet oplossings vind vir die toename in plaasmoorde op landbouprodusente, en ons benodig dringend buitengewone aksies deur die polisie om hierdie plaag onder beheer te bring.”

TLU SA sê op sy beurt dat hy hierdie plaasaanvalle ten sterkste veroordeel, en verwag van die regering en die minister van polisie om dieselfde te doen en alle middele tot hul beskikking aan te wend om die misdadigers tot verantwoording te bring.

Volgens TLU SA was daar tot en met 27 September vanjaar reeds 33 moorde. Met Du Toit s’n by is dit dus 34.

LEES OOK: Bekende Nelspruit-sakeman uiteindelik bevry van alkoholisme se greep

Ferreira sê: “Die onafwendbare resultaat van opgeboude frustrasie en emosies van ons lede is naby breekpunt, en sal toenemend moeilik word om te beheer indien drastiese stappe nie geneem word om die misdaadkurwes in die landbougebiede om te draai nie. Ons is bevrees dat die opgeboude emosionele vlakke van ons lede kookpunt bereik het as gevolg van die buitengewoon hoë vlakke van geweldsmisdaad, insluitend die brutale moorde van boere, plaaswerkers en hul gesinne.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button