Local newsNews

Vragmotor ploeg deur Laerskool Steelpoort se speelgronde

Geen beserings is tydens die voorval opgedoen nie, maar die tendens van wegholvragmotors bly kommerwekkend.

Skaars twee weke nadat ‘n fratsongeluk die lewe van ‘n egpaar op Lydenburg geëis het, het ‘n vragmotor Maandagmiddag (10 Oktober) net na 13:00 deur die heining in die speelgronde van Laerskool Steelpoort geploeg, waar die skool se gr. R’e gewoonlik speel.

Danksy Laerskool Steelpoort wat eers Dinsdag sy hekke vir leerders oopmaak, was niemand op die terrein nie en geen beserings is aangemeld nie.

Werkers wat besig was met opknapping aan die vooraansig van die skool, het net vir middagete verdaag – oomblikke voor die impak.

Lees ook: Wegholvragmotors uit die pas is nie ’n nuwe verskynsel op Lydenburg
Foto verskaf.

Die bestuurder van die vragmotor, wat ook ongedeerd is, het aan die skoolhoof, Anton Alberts, asook omstanders vertel dat hy vir etlike meters tot stilstand probeer kom het, maar dat die voertuig se remme onklaar geraak het.

“Dis net genade dat die skole eers more begin, anders was daar kinders op die terrein. Ek is ook bly dat die skoolwerkers op daardie stadium op ete was. Hulle was net voor etenstyd besig om die vooraansig van die skool skoon te maak, sodat dit môre netjies lyk.

Foto verskaf.

“Ek het al baie briewe geskryf en gekla oor hoe die vragmotors amper op ons skool afjaag. Ek het selfs al gespot ek gaan nog eendag uit my kantoor uitgery word,” het Alberts gesê.

“Ek is al so vies vir hierdie vragmotors en busse. Hulle ry teen ‘n verskriklike spoed.”

Steelburger/LydenburgNews is in die proses om meer inligting in te win, en sal lesers inlig sodra dit beskikbaar is.

Foto verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button