‘n Mengsel van skaam gesiggies, bekkige mondjies en natuurlik haasbekglimlaggies het die gr. 1-gang van Laerskool Nelspruit op 11 Januarie laat wemel.
Die vreugde was ook duidelik in Carla Liebenberg, ‘n gr. 1-onderwyser, se klas. “Ek is mal oor hierdie ouderdom leerders! Hulle leer so vining. Dis baie opwindend!”
ALSO READ: Nelspruit Primary welcomes its Grade Ones for 2023
Ruan van Walt, een van die nuwe graadeentjies, sê alhoewel hy nog nie regtig weet wat sy gunstelingdeel van skool gaan wees nie, hy seker is dat dit pouse gaan wees. “Dis wanneer jy eet,” het hy met groot oë bygevoeg.
In die klas langsaan het die bekkige Skylar Cyster met haar pienk kosblik kom spog, ook opgewonde vir pouse saam met haar nuwe maatjies.