Local news

Hospice Witrivier benodig vrywillige verpleegkundiges

Sou jy 'n vrywillige, geregistreerde verpleegkundige wees wat bereid is om Hospice Witrivier te assisteer, lees meer hier:

Hospice Witrivier het ‘n beroep op vrywillige, geregistreerde verpleegkundiges gedoen om die organisasie te help sodat hulle die mense wat dit nodig het, kan bystaan.

“Ons vra vir enige vrywillige verpleegkundiges wat in die Witrivier-area woonagtig is om ons by te staan in ons pasiëntdienste. As ‘n vrywillige verpleegkundige sal u ons verplegingskoördinerende verpleegkundige een naweek per maand bystaan.”

Die pligte behels die volgende:
• Gaan op ‘n Vrydag saam met die verpleegkundige uit op pasiëntrondes sodat sy ‘n oorhandiging kan doen die naweek wat sy op roep is.
• Sorg dat jy die verplegingstelefoon by jou vir die naweek het, ingeval daar enige noodgevalle sou wees.
• Maandag sal pasiëntrondes weer geskied, sodat ‘n terugoorhandiging gedoen kan word met die verplegingskoördinerende verpleegkundige.
• Skryf van pasiëntverslae.

LEES OOK: New spot for White River Hospice Shoppe

Die persoon moet oor ‘n geldige rybewys met haar eie vervoer beskik en ook ‘n afskrif van haar SANC-registrasie verskaf.

Ondervinding in palliatiewe sorg sal voordelig wees.

Sou jy in ‘n posisie wees om hospice te help en deel wil word van die organisasie se versorgingsfamilie, skakel Hospice Witrivier by 013 750 3044 of admin@hospicewr.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button