Local newsNews

Been verder geamputeer na motorfietsongeluk op Longtompas

Hennie Maré (65) is steeds in die Steve Biko Hospitaal ná 'n onlangse motorfietsongeluk in die Longtompas.

Ortopediese spesialiste het Donderdag sy linkerbeen tot in die lies geamputeer.

Maré se linkervoet is aanvanklik na die ongeluk, op 2 April, geamputeer. Weens die verspreiding van gangreen moes die spesialiste nou die been hoër op afgesit het.

Gerda Venter, die direkteur van Soli Deo Gloria Sorgsentrum, het gesê dat die beserings aan Maré se regterarm en skouer nie tans geopereer sal word nie. “Hy het soveel skade aan sy hele lyf. Die dokter het gesê sy liggaam kan nie al hierdie skokke hanteer nie. As hy gestabiliseer het na die amputasie, sal sy skouer geopereer word. Hennie se voormalige vrou help hom tans en moet elke dag van Johannesburg na Steve Biko in Pretoria pendel. Die uitgawes is baie hoog vir hierdie familie, maar hulle kan hom nie net daar los nie. Hennie sal ook ‘n elektriese rolstoel benodig wanneer hy ontslaan word,” het Venter gesê.

Die toerusting soos dit op die toneel opgestel was om Hennie Maré op te hys. > Foto: Sarza Lowveld

“Hennie verkeer in ongelooflike pyn. My grootste hart- en kopseer is dat die sorgsentrum nie rolstoelvriendelik is nie. Maar ons gaan ‘n plan maak wanneer Hennie ontslaan word.
“Ons sal wel ‘n plek kry waar hy mooi versorg word en rehabilitasie kan ontvang. Hierdie is ‘n man wat baie onafhanklik geleef het en ‘n staatmaker is vir die sentrum. Ons bid dat iemand hul weg sal oopvind om ‘n rolstoel aan hom te skenk,”
sê Venter.

Lees ook: Die Rooikatte wen teen Malelane met 57-0

Steelburger/Lydenburg Nuus se susterskoerant, Laevelder, het op 21 April berig dat Maré sowat 50m oor die veiligheidsrelings met sy motorfiets na ondertoe geval het. Die val was byna vertikaal.

‘n Helikopter is deur Search and Rescue South Africa (Sarza) Lowveld na die toneel ontbied. Daar is vir twee uur gepoog om Maré na die teerpad op te hys. Weens die digte mis kon Sarza se helikopter nie land nie. Maré is toe noodgedwonge per ambulans na Steve Biko gehaas.
Andrew Geldenhuys, Sarza Lowveld se voorsitter, het gesê hulle sien gereeld sulke tipe voorvalle in die Longtompas.

Manie Ferreira van Sarza maak gereed om vir Maré te gaan haal. > Foto: Sarza Lowveld

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button